Kasteel van Malbork

Kasteel van die Duitse Orde in Malbork*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Panorama van die Kasteel van Malbork
Ligging van Kasteel van Malbork op 'n kaart (Pole)
Kasteel van Malbork
Kasteel van Malbork
Posisie van die Kasteel van Malbork in Pole
Koördinate: 54°02′32″N 19°01′40″O / 54.04222°N 19.02778°O / 54.04222; 19.02778
Lande Vlag van Pole Pole
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iii, iv
Verwysings 847
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1997  (21ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die kasteel van Malbork (Duits: Marienburg) is een van die magtigste vestings van die Middeleeuse Europa en die derde grootste kasteelkompleks ná die Praagse Hradčany en die Moskouse Kremlin. Die kasteelkompleks is in die Poolse stad Malbork (Duits: Marienburg) geleë, sowat 60 kilometer suid-oos van Gdańsk aan die Nogat, 'n takrivier van die Wisła- of Weichsel-rivier in sy mondingsgebied.

Die kasteel, die grootste ter wêreld wat van bakstene gebou is, het in die 13de en 14de eeu as ordenskasteel van die Duitse Orde aan die oewer van die Nogat-rivier ontstaan. Die kompleks word as een van die uitstekendste voorbeelde van Gotiese argitektuur beskou en is in 1997 deur UNESCO as wêrelderfenis gelys. Dit is al vroeër, in September 1994, deur die Poolse staatspresident as een van die vyftien belangrikste historiese plekke en komplekse in die land aangewys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search